Buffalo saamtrek

Home > Buffalo Rally > 2005 Buffalo Rally Santos Caravan Park Mossel Bay > Buffalo saamtrek

Buffalo-saamtrek vind op Mosselbaai plaas.

MOSSELBAAI Suid-Afrika se grootste motorfiets-saamtrek vir die puris word vanjaar en waarskynlik ook die volgende twee jaar op die Suid-Kaapse hawedorp gehou.

Kort op die hake van die nuus dat die tydskrif FHM Mosselbaai as die lekkerste kuierplek in die land met die mooiste meisies aangewys het, het die Mosselbaai-toerismekantoor aangekondig dat meer as 4 000 motorfietsryers van 18 tot 24 Maart hier vir die 2005 Nomads Buffalo sal saamtrek.

Hoewel enkele ander motorfiets-saamtrekke meer mense lok, bly die Buffalo die grootste saamstrek waar net motorfietse toegelaat word.

Geen woonwaens, motors en beslis geen vierwiel-motorfietse nie, het mnr. Luderick Jacoby, voorsitter van die Nomads, gister gese.

Volgens hom skuif die Buffalo gewoonlik elke drie jaar na ‘n ander bestemming en het die organiseerders op Mosselbaai besluit nadat die saamtrek verlede jaar nog in Port Elizabeth plaasgevind het.

Onder die oorwegings wat die skaal in Mosselbaai se guns geswaai het, was die lekker sonskynweer, die beskikbaarheid van kampeerplekke en die ‘wonderlike’ motorfietspaaie in die streek, het Jacoby gese.

Dit beteken nietemin nie dat almal van die paaie gebruik gaan maak om by Mosselbaai uit te kom nie. ‘n Groep motorfietsryers van Pretoria het reeds ‘n spesiale trein gereel om hulle en hul motorfietse van die Jakarandstad af na Mosselbaai te bring.

Die saamtrek sal op die Santos en De Bakke-kampeerterreine plaasvind. Volgens Jacoby word meer mense as gewoonlik verwag omdat daar die afgelope tyd ‘n groot oplewing in die motorfietskultuur in die land plaasgevind. Ryers word van oral in die land verwag, terwyl sommige Nambiers ook al aangedui het dat hulle hul ysterperde vir die saamtrek gaan opsaal.

Die toerismeburo het ‘n beroep op inwoners van Mosselbaai gedoen om gasvry en verdraagsaam te wees en daarop gewys dat die ryers hul geld in die dorp sal uitgee.

‘n Optog sal ook deur die dorp en die KwaNonquaba-township gehou word en die ryers sal op veskeie plekke stilhou om inwoners kans te gee om hul rygoed van nadir te bekyk.


 

Springbok Rally - 2008
View photos...

 

Breakfast Runs and Club Rides

2009 Buffalo Rally - Latest News (2008-09-12)
I am sure that anybody who attended any, or all, of the Buffalo Rallie ...
Buffalo RallySpringbok Rally